Fotografie
Agri Bemark bied professionele en kundige ondervinding in die neem van Lotfoto’s van skape en beeste sowel as algehele bemarkingsmateriaal vir die gebruik vir enige stoetveiling se bemarking en ander sosialemedia kanale.
Lot Foto’s
Lotfoto’s is ‘n tydrowende proses wat baie geduld verg en een van die belangrikste aspekte van ‘n veiling se katalogus en bemarking.
Diere moet presies korrek staan om al hul eienskappe en konformasie te vertoon sodat kopers die beste moontlike beeld kan sien van hoe die diere lyk wat hulle wil koop. Akurate lotfoto’s lok kopers terwyl onakurate lotfoto’s kopers mag afskrik.